“Die eerste maand was ‘n bietjie van ‘n aanpassing, want terwyl jy in ‘n klas sit probeer jy altyd om die Afrikaanse woord vir die Engels te vind, maar jy word dit baie vinnig gewoond. Dit het my ook gehelp om te weet dat my dosent ook Afrikaans sprekend is…ek kon haar in Afrikaans vra as ek nie 100% oor iets seker was nie. Ek voel ook dat dit beter is om in Engels te studeer, omdat jy oor die algemeen meer in Engels kommunikeer en dit jou gaan voorberei vir die besigheidswereld”.

- Jessica van der Merwe

BCom Honours (Accounting)


“Die oorskakeling van ‘n Afrikaanse skool na Engelse studies was vir my ‘n maklike een om te maak. Dit maak vir my sin om in Engels te studeer aangesien dit my beter voorberei vir my opleiding by my gekose firma en ook vir toekomstige internasionale geleenthede. Die finale raadseksamen is in Engels!…so hoekom moet ek dan my voorgraads in Afrikaans doen? Dit is nou vir my vreemd om te moet dink in Afrikaans…dit wys hoe goed ons almal aangepas het.”

- Kristine Dutton

NMMU Accounting Graduate